Search    

Bewegende Klippe Verklarings

Klippe wat op panne loop.

Verklarings deur die Dep. Geologie Universiteit Pretoria.

//chrissiesmeer.co.za/images_geology/Oom_Ben_Beukes.jpg

Mr.  Ben Beukes

Dept. Geologie
1 September 1994

Geagte Mnr. Beukes,

Namens myself, Proff. Snyman en Förtsch, wil ek net ons dank uitspreek teenoor u, u vrou en Mnr. Cloete, vir die vriendelikheid en gasvryheid wat u aan ons bewys het. Ons waardeer u belangstelling in die wetenskap en dat u ons benader het om te kom ondersoek instel na die "bewegende klippe". Ons het die besoek regtig geniet en is van plan om die saak verder te ondersoek wanneer tyd dit ons toelaat.

Op die stadium is ons besig om die weerstasie gegewens van Ermelo asook die wetensakplike literatuur te versamel. Ons het klaar al die inligting wat ons Dinsdag versamel het ordentlik opgeskruif en beorden. Ons het al 'n voorlopige hipotese, dat 'n styging in die watervlak, of 'n swaar ryp die boonste modderlaag kon glad gemaak het, met ys in die krake tussen die modder self. Met holtes onder die klippe sou meer grond/ryp-water daar kon versamel het, en met uiteensetting verbonde aan die oorgang van water na ys, sou die klippe 'n paar millimeter gestyg het, bo 'n gladde pan-oppervlakte van ys en klei.  'n Wind sou dan heel waarskynlik maklik die klippe uit hulle onstabiele situasie aan die beweeg kon gesit het, waarna hulle etlike honderd meters vêr kon geskyf het. Die twee groot klippe wat ons laastens gesien het, met die drie klein spore wat aandui dat net gedeeltes van die klip grond geraak het verklaar ons ook deurdat die oppervlakte gevries het. Weereens, met die uitsetting verbonde aan ysvorming uit die water, sou die oppervlakte van die meer druk ondergaan het, en sou klein riffies van ongedrukte klei kon onstaan het - soos wat die klippe daaroor beweeg het, sou dan net die riffies die spoor opgetel het en nie die gekraakte oppervlaktes tussen in. Ons vermoed alles het in een baie koue winderige nag gebeur - die volgende dag sou die ryp versmelt het (of groundwater weer afgesak het), en net die normale gekraakte opppervlakte met klippe en spore is agtergelaat. Nou ja, sovêr die gedagtes op hierdie stadium. 

Ons al mettertyd, heel waarskynlik na 'n paar maande, 'n voorlopige manuskrip aan u stuur voordat ons dit weg na die tydskrifte vir beoordeling stuur. Ons sal dit regtig waardeer as ons u en Mnr. Cloete se name medeouteure (medebeskuldigdes van 'n snaakse teorie) kan byhê.

Met vriendelike Tukkie groete

Pat Eriksson
(Professor van Geologie)