Search    

Tannie Ona Home Baking

//chrissiesmeer.co.za/tannieonahomebaking_files/image002.jpg //chrissiesmeer.co.za/tannieonahomebaking_files/image004.jpg

On appointment only / Skakel eers voordat jul daarheen ry

Ona 082 297 3762

Tannie Ona is een van daardie raakvat vrouens wat ‘n mens op die Platteland kry, min jongetjies kan by haar kers vashou as dit by bak en kook kom.

Tannie Ona reeds in haar sewentigs bak vir menige Tuisbedryf in die omgewing. Sy is bereid om haar huis vir ‘n tydjie oop te stel oor naweke vir gaste wat in Chrissiesmeer rondkuier. Moet dit nie mis nie, gaan bederf jul self en neem van haar heerlike konfyte, beskuit, tertjies en pasteie huistoe.

Tannie Ona woon op die Genesaret pad rigting Ermelo, sy is die eerste afdraai na regs, Herman en Ona Enslin, net 5km buite Chrissiesmeer.

Besigheids ure:

Saterdae:-

10h00 - 12h00

Weeksdae en Vakansiedae:-

Skakel haar vir ‘n afspraak

Sondae:-

Geen

Wat kan julle daar koop: 

  1. Konfyte:  Tannie Ona kook elf verskillende soorte konfyt, waarvan haar appeliefie, vye en waatlemoenstukke altyd ‘n wenner is.  Sy het meestal alle soorte in voorraad. Prys: R25 / bottel.
  2. Pasteie:  Tien soorte kan jy daar kry, hoender, wildsvleis, skaapvleis en nog baie meer. Sy bak 800 per week van hierdie lekker individuele pasteitjies. Dit vries goed.
  3. Beskuit:  Anys, Room en Karringmelk, Bruin met Rosyne en ook Soetbeskuit is meestal in voorraad. Van hierdie 750g pakke bak sy weekliks ten minste 50 pakke. Prys:  R35 @ 750g pak.
  4. Konfyt-tertjies:  Van hierdie lekkerny bak sy 80 dosyn @ week en dis beskikbaar teen R20 @ dosyn. 

Tee en Koffie: 

Op aanvraag word dit slegs op warm winters dae of lekker somers dae onder die bome in die tuin bedien. Prys: R5 @ koppie sonder ‘n eetdingetjie.

Julle was nog nie in Chrissiesmeer as julle nie by Tannie Ona besoek afgelê het nie!

Back Back to top